Languages

Home

  • Projekbestuursdienste
    Projekbestuursdienste
  • IT Marknavorsing, Ontleding en Konsultasiedienste.
    IT Marknavorsing, Ontleding en Konsultasiedienste.
  • Shadowmatch-dienste en Ander Konsultasie- en  Bestuursdienste.
    Shadowmatch-dienste en Ander Konsultasie- en Bestuursdienste.

Tuiste SubDinge

Home

SUPROKON Bestuursdienste is gestig in 1990 en lewer onafhanklike bestuurskonsultasie- en ander besigheidsdienste.

Met dekades van besigheid- en konsultasie-ervaring lewer ons objektiewe marknavorsing, -ontleding en konsultasiedienste aan die inligtingstegnologienywerheid (IT sektor). Ons kan help met markoorsigte, bepaling van markgroottes, neigingsontleding, mededingerontleding, tegnologieskanderings en ander dienste.

Ons bestuur projekte namens ons kliënte. Dit laat hulle operasionele personeel toe om te fokus op hulle daaglikse aktiwiteite. Ons kan ook help om projekbestuurvaardighede en –dissipline te vestig deur opleiding en ontwikkeling van stelsels en prosedures.

Met behulp van Shadowmatch kan ons help om die aanstelkoste van personeel te verminder, personeelwisseling te verlaag, werksdoeltreffendheid te verbeter en help om spanwerk en interpersoonlike verhoudings te optimiseer. Ons kan ook help met die implementering van die stelsel, opleiding, ondersteuning en die vertolking van resultate.

Deur ons SuproNet-afdeling kan ons raad gee oor webstrategie, ‘n webwerf ontwikkel wat gepas is vir die unieke vereistes en begroting en dit huisves. Indien benodig, kan die kliënt die hele webwerf of dele daarvan self onderhou. Indien die kliënt op kernbesigheid wil fokus, kan ons die bywerke doen. Besoek asseblief ons SuproNet-webwerf vir meer inligting oor ons webdienste.

Met ons omvattende ervaring en deeglike teoretiese onderbou is ons toegerus om jou by te staan met ‘n verskeidenheid van besigheids- en bestuurskwessies. Ons ken egter ook ons eie beperkings en sal nie opdragte aanvaar wat ons nie kan hanteer soos vereis nie.